Graphic Design Intern

  • Full Time
  • Johannesburg
  • Applications have closed.

Website Mosaïek

Christian(Religious) Organisation

GRAFIESE ONTWERP INTERN 2024

Mosaiek Gemeente is opsoek na ‘n dinamiese individu om in 2024 by ons kommunikasie-span aan te sluit.

Dit is ‘n betaalde internskap wat oor 1 jaar strek. Dit is ‘n voltydse posisie en vereis dat die kandidaat in Johannesburg woonagtig is.  Die voorvereistes en rolbeskrywing vir hierdie internskap word hieronder uitgelê.

Aansoekproses:

Stuur gerus jou CV en ‘n motiveringsbrief aan Juané Allen by kommunikasie@mosaiek.com voor of op 2 Februarie 2024. Suksesvolle kandidate sal na die sluitingsdatum genooi word vir ‘n gesprek. Vir enige navrae kontak ons gerus by kommunikasie@mosaiek.com met die opskrif “Grafiese Ontwerp  Internskap | Navrae”.

Vereiste vaardighede:

Tersiêre opleiding in grafiese ontwerp of visuele kommunikasie.
Basiese begrip van digitale en sosiale media platvorms.
Basiese begrip van Adobe Suite (Illustrator, Indesign, Photoshop)
Ten volle rekenaarvaardig.
Afrikaans en Engelsmagtig
Goeie skryfvaardighede.
Beskik van goeie probleemoplossingsvaardighede.
Moet onder druk kan funksioneer.
Moet in spanverband kan werk.
Fotografie / videografie vaardighede is voordelig.

Rolle wat Grafiese Ontwerp intern ondermeer sal vertolk:

Voer ontwerp-opdragte uit onder leiding van Grafiese Ontwerper en Kommunikasiegids.
Ondersteun Grafiese Ontwerper in die skep van visuele bates vir die gemeente i.e. Gedrukte materiaal, sosiale media bates vir verskillende bedieninge en reklameborde.
Ondersteun kommunikasie-span in die opdatering van die webblad.
Ondersteun kommunikasie-span in kommunikasie- en bemarkingsveldtogte.
Ondersteun kommunikasie-span tydens gemeente-byeenkomste en ervarings.